alt

'Mooi'

Is 'mooi' subjektief?
Of bly ‘mooi’ mooi? Ongeag my opinie daarvan?

So as ek sou wens om meer die mooi te sien

  • sou ek regtig verlang om dit te sién? Of verlang ek regtig na die ‘mooi’ voel?

Want soveel kan ‘mooi’ nogals moeilik maak om te voel:
Seerkry.
Hartseer.
Swaarkry.

Want dalk wens ek nie noodwnedig om die mooi te sien nie – mooi is tog oral.
Maar ek wens wel om die mooi te voel – want hoop is skaars.

So mag jy die mooi sien,
maar meer as dit:
Mag jy die mooi voel.

Want jou oë gaan nie noodwendig oop as gevolg van wat jy sien nie.

Dalk gaan oë oop vir die Mooi wat hulle voel as gevolg van die keuse om te stop en te kyk na die Mooi, en dit in te neem.

Want alles is ‘n mate van Mooi.

Maar vir mooi om jou siel te deurdring:
Sien jy dit?
Stop jy daarvoor?
En laat jy jouself toe om dit te voel?

So op die ou einde: is mooi subjektief?
Dalk,
maar dan sou ek mooi beoordeel deur wat ek sien.

Mooi bly mooi.
God bly God.

So dalk is dit om terug te kom na wie jy glo God is.
Dalk is die gevoel van ‘mooi’, eenvoudig:

Hoop.

Om hoop te hê
laat mens die mooi sien in enigiets;
laat mens die mooi voel in enigiets.

So dalk is die vraag nie:
“Sien of voel jy die mooi nie?”

Dalk is dit eenvoudig:

“Het jy nog hoop?”