My realiteit, my ontvlugting
My realiteit
(My ontvlugting)
U is
my ontvlugting in my realiteit
wat my wysheid en perspektief laat behou in die middel daarvan.
U is
my realiteit in my ontvlugting
wat my moed en krag gee om te kan terugkeer en aanhou.
My realiteit
(My ontvlugting)
My konstante in albei