alt

Ek wil sit in die eenvoud,
en rondrol in kennis bo my verstand.
Ek wil aanskou hoe wetenskap vlieg,
en sit en staar na mikroskopie.
Ek wil met my vinger raak aan astrologie,
en aan die slaap raak met fisiologie wat my onbewustelik aan die lewe hou.

Ek wil kompleksiteit aanskou met waardering,
maar
ek wil sit in U eenvoud.