Iewers tussen hier en êrens
Iewers tussen nou en dan
Iewers tussen sekerheid en die onbekende
Iewers sal ek Jou vind:
Opgesluit in ‘n plek sonder ligging
Geopenbaar op ‘n tyd sonder horlosies
Ontdek in ‘n wete sonder verklaring
Want hierdie aarde
(hierdie plek, tyd
en kennis)
is nie al wat daar is aan Jou nie.
(Ek kan nie wag om plekloos, tydloos en sonder verduideliking by U te wees nie.)