alt

Definieer ‘perfek’:

Is perfek ‘n resultaat?
‘n Opmerking aan die einde?
Na wat óns glo gedoen moes word, gedoen is?
Is dit eers daar as óns hande klaar gevorm is daaraan?

Wat dan van die Hande wat dag na dag vorm?

  • aan die uiteinde, maar netsoveel aan ons - aan die proses.

Want die aardse met sy foute
met sy potensiaal wat dalk effens diep versteek is soms

  • wat presies daarvan is nié perfek nie? En wie is ons om dit te sê?

Want vandag as ek sou sterf, los ek ‘n perfekte wêreld agter.

Nie omdat my lewe enigsins die perfektgeid van alles skielik tot stand gebring het nie.

Want dalk is ‘perfek’ ‘n proses.

Daardie vergenoegdheid wat God plaas in ons harte tussendeur die onperfektgeid van die aardse

  • dít is perfek : daardie een oomblik van vervorming waarneem, en dit voel.

Nie dat alles mooi gaan eindig vir elkeen en gevolglik bestempel gaan word as ‘perfek’ nie.
Maar om Sy hande te sien werk en deel te kan hê daarin in die proses,
Dít is:
perfek.