Om te glo.
Om te kies.
Om daardie stukkie lig te sien uit die oorwegend donker,
selfs tussendeur die ander ‘skyn’-ligte.
Om daardie lig vas te vang met jou oë.
Om daardie lig vas te vang met jou kop.
Om vas te klou aan daardie lig asof jou hele lewe daarvan afhang.
Om te glo.
Om te kies.
En vas te klou aan die keuse,
totdat die lig al is
wat jy sien,
voel
en oor dink.